Die Caledon-biblioteek by Swartberg Primêr. Saam met die leerders is, Elza Mundell (leeronder­steunings-onderwyser in die hulpbronklas), Vaughn Jacobs, Gerhard Afrika van Wyk, Denese Simmers (hulpbronklas-assistant) en Calvyn Letshohla. Foto: Mitzi Buys

Boekedag in skole oor die Overberg heen gevier

Die Caledon-biblioteek by Swartberg Primêr. Saam met die leerders is, Elza Mundell (leeronder­steunings-onderwyser in die hulpbronklas), Vaughn Jacobs, Gerhard Afrika van Wyk, Denese Simmers (hulpbronklas-assistant) en Calvyn Letshohla. Foto: Mitzi Buys

Sedert Unesco, die Verenigde Nasies se opvoedkundige, wetenskaplike en kulturele organisasie, Wêreldboeke- en kopieregdag in 1995 ingestel het om lees, publisering en kopiereg te bevorder, word dié dag jaarliks op 23 April gevier.

Wêreldboekedag is besonders gewild by skole waar nie net voorlesings gedoen word nie, maar waar leerders – en soms ook onderwysers – dikwels as hul gunste­ling-boekkarakter geklee skool toe kom.

Swartberg Primêr in Caledon het ‘n bedrywige Wêreldboekedag gehad. Die YeBoneers, wat by die skole help, het hul eie inisiatief aan die dag gelê om dié dag interessant te maak.

Rooikappie was daar asook die drie varkies en verskeie ander karakters, wat by die onderskeie klasse aangedoen het om vir die leerders stories voor te lees.

Die Caledon-biblioteek het Swartberg Primêr se hulpbronklas besoek, waar Gerhard Afrika van Wyk die boek Bertus soek ‘n boek aan die leerders voorgelees het.

Die storie handel oor ‘n seuntjie wat die eerste keer saam met sy ma die biblioteek besoek. Aanvanklik wou die seuntjie niks van die biblioteek weet nie, maar die bibliotekaresse het op ‘n baie interessante en vindingryke wyse al die verskillende soorte boeke en alles wat in ‘n biblioteek te vinde is, aan hom uitgewys – soveel so dat hy ‘n liefde vir boeke en die biblioteek ontwikkel en drie boeke uitgeneem het.

Afrika van Wyk se interaktiewe voorlesing het die leerders nie net aan sy lippe laat hang nie, maar ook laat skater van die lag. “Ons wou die boodskap oordra – om stories te lees, moet plesierig wees. Dit was werklik ‘n baie interaktiewe sessie en die leerders het dit so geniet en heerlik aan die storie deelgeneem. Dit was vir ons ‘n groot voorreg om hierdie leerders vandag met ‘n lieflike storie te kon bederf.”

Die Laerskool Overberg, of Klein Ovies soos hulle bekendstaan, het hierdie spesiale dag werklik na ‘n ander vlak geneem. Elke leerder asook die opvoeders het soos hul gunsteling-boekkarakters aangetrek. “Sodoende het hulle nie net meer by mekaar geleer nie, maar ook lees verder geprikkel,” sê Elsje Müller, een van die onderwysers.

Yeboneers Levern Frans, Celine Oliver en Haley Henson by Swartberg Primêr.
Een van Klein Ovies se klasse wat as hul gunsteling-boekkarakters aangetrek is.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article