Foto van weerlig, deur Albertus Horn
Weerligformasies in die Kuruman-omgewing. Foto: Albertus Horn

Foto van weerlig, deur Albertus Horn
“Eerste ordentlike storms van die seisoen hier by ons,” laat weet Albertus Horn. Hy is ‘n na-
tuurfotograaf en woon in die omgewing van die Kuruman-heuwels tussen Kuruman en Daniëlskuil in die Noord-Kaap. Op sy Facebook-blad plaas hy gereeld foto’s en videos van onder meer weerligformasies wat hy snags afneem, soos dié een. Deesdae waai Augustus se gebruiklike wind, en dit beteken dat die gebiede in die somerreënvalstreek se reën op pad is. Hoewel baie matige en selfs hoër warmer maksimum temperature vir die volgende dae voorspel word, is dit bekend dat die winter nog ‘n laaste hap of twee met ‘n kouefront gaan inkry voor lente amptelik opdaag. Foto: Albertus Horn

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article