Dam-watervlakke in die Wes-Kaap is bestendig met ligte reën wat onlangs oor groot dele van die provinsie geval het.
Die Departement van Waterwese en Sanitasie (DWS) in die provinsie het gesê hy is tevrede met die watervlakke.
Volgens die jongste data het die Kaapstad-watervoorsieningstelsel sowel as die staatsdamvlakke byna dieselfde gebly.
Die Kaapstad-watervoorsieningstelsel se gesamentlike dam-watervlakke het van 74,8% na 74,4% gedaal, terwyl die staatsdamme met dieselfde marge bykans onveranderd gebly het – van 79,9% na 79,95%.
LEES OOK: Munisipaliteit verklaar Eikestad-kraanwater is veilig om te drink
Gebruik verantwoordelik
Die grootste dam in die watervoorsieningstelsel, die Theewaterskloof-dam, het van 75% na 74,6% gedaal. In die Bergrivier-opvanggebied is die Laer Steenbras- en Voëlvleidamme laag – 46,59% en 57,63% onderskeidelik.
Ntombizanele Bila-Mupariwa, die provinsiale hoof vir die DWS, het die ligte misreën oor dele van die provinsie die afgelope naweek verwelkom, maar gewaarsku dit het nie veel invloed op die provinsiale damvlakke gehad nie.
Sy het inwoners gemaan om steeds verantwoordelik met water te werk. “Kortom, die dam-watervlakke het dié week dieselfde gebly en my boodskap bly dieselfde – ons moet steeds soveel as moontlik water spaar.
“Die departement hou aan om inwoners, ondernemings en nywerhede aan te moedig om verantwoordelik met water om te gaan en onnodige vermorsing te vermy,” het sy gesê.
Monitor watersituasie
“Ons sien uit na die jaarlikse bedryfsontledingsvergadering wat op Maandag 2 November vanjaar sal plaasvind. Hierdie vergadering sal op die watersituasie fokus en raad gee of waterbeperkings op te lê al dan nie,” het sy vandeesweek bygevoeg.
Bila-Mupariwa het bevestig die departement monitor intussen die provinsie se watersituasie noukeurig sodat gereelde opdatering van sy waterhulpronne kan plaasvind.
LEES OOK: Dam levels in Western Cape stable but extra care is needed




