papegaaiberg
Die sambreeltjieblom is onlangs in die Papegaaiberg-natuurreservaat waargeneem.

Foto || Nog ‘n seldsame blom op Papegaaiberg waargeneem


sambreeltjieblom (Monosonia Speciosa)
Burgerlike wetenskaplikes het verlede maand tydens ‘n staptog in die Papegaaiberg-natuurreservaat nóg ‘n blom op die SANBI-rooilys ontdek. Die keer het die Stellenbosser Ria Crafford die sambreeltjieblom (Monosonia Speciosa), in dié natuurlike hawe gevind. Die blom, beter bekend as die butterfly flower, is endemies tot die Wes-Kaap. Die ontdekking volg kort op die herontdekking van die Black-lug Capeblue (Aristea lugens) deur prof. Ruan Veldtman en Jack Jelbert (jnr.) in Augustus. Volgens Karin Coetzee, voorsitter van die Vriende van Papegaaiberg, het die groep ook tydens die staptog die Papegaaiberg Socials Runners van Kayamandi in die reservaat raakgeloop. “Dit is ‘n baie entoesiastiese groep wat gereeld in die reservaat hardloop,” sê sy. “Ek glo dit sal wonderlik wees indien meer mense die reservaat begin gebruik. Die burgemeester [Jeremy Fasser] het belowe om stappe te neem om die reservaat vir besoekers te beveilig.”
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article