Foto || Pétanque-koors op Pniël ná suksesvolle e’Bosch-toernooi

elderly friends playing pétanque
‘n Suksesvolle pétanque-toernooi is weer in Pniël aangebied.

Foto || Pétanque-koors op Pniël ná suksesvolle e’Bosch-toernooi


Pétanque e'Bosch
Die e’Bosch-erfenisprojek bied reeds agt jaar lank sy jaarlikse Pétanque-toernooi in Pniël aan en die gewildheid en geesdrif groei steeds. Vanjaar se toernooi is op Saterdag 3 Oktober op die plaaslike sportgronde aangebied en was weer eens ‘n sukses. Vir talle deelnemers was dit hul eerste kennismaking met dié unieke balsport, soortgelyk aan rolbal, en versoeke is vir nóg ‘n toernooi gerig. e’Bosch beplan, in samewerking met die Pniel Pétanque Players, om vanjaar nog ‘n toernooi aan te bied. ‘n Afrigtingskliniek sal vooraf aangebied word om nuwe spelers die geleentheid te gee om die spel aan te leer. Belangstellendes kan Juanita Jacobs op 083 882 5333 vir nog inligting oor die afrigtingskliniek en komende toernooi kontak.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article