Sydney Maree, ‘n voormalige wêreldrekordhouer in die 1 500m, is verlede Woensdag (7 Oktober) op die 16de Dagbreek-straatmyl-geleentheid in Stellenbosch as myllegende vereer. Maree het in 1983 in Keulen ‘n wêreldrekord van 3:31.24 opgestel en in 1985 die 3:30-grens met ‘n tyd van 3:29.77 oorgesteek, vir ‘n Amerikaanse rekord wat 20 jaar gestaan het. Hy het in 1981 die eerste 5th Avenue- straatmyl in New York gewen, ‘n rekord wat 43 jaar gestaan het voor Josh Kerr dit in 2024 verbeter het. Die 70-jarige het op die geleentheid, wat deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees was, met atlete en toeskouers skouers geskeur. Nog foto’s van die gesellige geleentheid is aanlyn by www.novanews/eikestadnuus te sien. Foto: Shaun Roy/Youthsportssa
Foto’s || Dagbreek-straatmyl bring weer kleur en feestelike atmosfeer
Eikestadnuus
|
Sydney Maree, ‘n voormalige wêreldrekordhouer in die 1 500m, is verlede Woensdag (7 Oktober) op die 16de Dagbreek-straatmyl-geleentheid in Stellenbosch as myllegende vereer. Maree het in 1983 in Keulen ‘n wêreldrekord van 3:31.24 opgestel en in 1985 die 3:30-grens met ‘n tyd van 3:29.77 oorgesteek, vir ‘n Amerikaanse rekord wat 20 jaar gestaan het. Hy het in 1981 die eerste 5th Avenue- straatmyl in New York gewen, ‘n rekord wat 43 jaar gestaan het voor Josh Kerr dit in 2024 verbeter het. Die 70-jarige het op die geleentheid, wat deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees was, met atlete en toeskouers skouers geskeur. Nog foto’s van die gesellige geleentheid is aanlyn by www.novanews/eikestadnuus te sien. Foto: Shaun Roy/Youthsportssa
Die 16de Dagbreek-straatmyl het weer eens atlete van heinde en ver na die boomryke Victorialaan in Stellenbosch gelok, met organiseerders wat sê die geleentheid het weer met massa deelname gespog.
Dis veral die groei in die o.10- en o.13-afdelings wat bemoedigend is, meen Francois Fouché, met amper 100 deelnemers wat vanjaar aangetree het. “Dit is goeie nuus vir die toekoms van middelafstande,” vertel Fouché.
Die groot wenners was die 16-jarige Stander-susters van die Hoër Meisieskool Paarl wat gevestigde atlete en studente in die ope-afdeling geklop het. Lara Stander het die afdeling met ‘n tyd van 4:52.21 gewen, met Anke Stander in die tweede plek (4:54.08), Jode Miller van Maties was derde (4:55.37).
Lara het vroeër vanjaar Suid-Afrika by die wêreld landloop-kampioenskappe en die wêreld o.20 atletiek-kampioenskappe verteenwoordig. Sy is ook gekies om SA by die Jeug Olimpiese Spele in Dakar (Saterdag 31 Oktober tot Vrydag 13 November) te verteenwoordig.
Daar was ‘n groot stryd in die mans ope-afdeling om die eerste en tweede plek, met Duvan Faro (4:05.47) die uiteindelike wenner gevolg deur Leonardo van der Werf (4:06.24, tweede) en Markie Muzimba (4:09.17, derde).
Die 70-jarige rekordhouer Sydney Maree is tydens die geleentheid as legendariese atleet vereer.
Die Universiteit Stellenbosch-studente het oudergewoonte bygedra tot ‘n feestelike atmosfeer met interressante kostuums en bykomstighede.
Die topvyf in die ope vroue-afdeling is van links Kobie Griffiths (vyfde), Anke Stander (tweede), Lara Stander (eerste), Jode Miller (derde), en Lisa Steenkamp (vierde). Foto: Shaun Roy/YouthsportssaDie wenners in die mans ope-afdeling: Leonardo van der Werf (tweede), Duvan Fara (eerste) en Markie Muzimba. Foto: Shaun Roy/YouthsportssaDie rasieleiers van die Hoërskool Stellenbosch het die skare in die regte stemming gekry het met hoë-energie- en gewaagde bewegings. Foto: Shaun Roy/Youthsportssa‘n Jubilende Ester Brink ná haar oorwinning in die meesters vroue-afdeling. Foto: Shaun Roy/YouthsportssaMichael Gibson, ‘n Westelike Provinsie-atleet, was die wenner van die veterane-afdeling. Foto: Shaun Roy/YouthsportssaOp die podium van die veteraan vroue-afdeling: Anneline Roffey (tweede, links) en die wenner Kobie Griffiths. Foto: Shaun Roy/YouthsportssaDie topdrie in die mans pretmyl: Chris du Preez (tweede), die wenner Lukas Coetzee en Christiaan Maree (derde). Foto: Shaun Roy/YouthsportssaOp die podium in die skaatplankry-myl: Ruan Vloggenberg (eerste, links) en Andreas Hammersma (tweede). Foto: Shaun Roy/YouthsportssaChristo van Rooyen was die wenner van die meesters-afdeling. Foto: Shaun Roy/YouthsportssaDie span van Dagbreek seksie 15 het met hul kostuums ‘n Rome-tema uitgebeeld. Foto: Shaun Roy/YouthsportssaDie Blikkies-span van een van die Dagbreek seksies. Foto: Shaun Roy/YouthsportssaDie Blouvlag-manne van Dagbreek Seksie 12. Foto: Shaun Roy/YouthsportssaTwee legendariese myl-atlete: Johan Fourie (53 droommyle) en Sydney Maree. Foto: Shaun Roy/YouthsportssaDié twee Dagbreek-manne het omtrent uitgestaan. Foto: Shaun Roy/YouthsportssaDie Murrays van Dagbreek Seksie 8 het met hul groen uitgestaan. Foto: Shaun Roy/YouthsportssaInterressante en kreatiewe kostuums het die aandag in die Pretmyl getrek. Foto: Shaun Roy/Youthsportssa‘n Skaatsplankeryer maak seker dat hy die momentum het om oor die lyn te kom. Foto: Shaun Roy/YouthsportssaDie Gifberg-span van Dagbreek seksie 11. Foto: Shaun Roy/Youthsportssa
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.
You must be logged in to post a comment.