Verskeie hoë profiel hofsake is eersdaags weer in die Stellenbosch-landdroshof.
Klapmuts-polisie het ‘n plaaslike man in hegtenis geneem nadat hy in besit van ongelisensieerde vuurwapen gevind is.
Ses mense is geskiet in ‘n gewelddadige voorval in Cloetesville op Maandagaand, 16 Februarie om ongeveer 21:15. Een man is dood en vyf ander is gewond.
Die plaaslike skoolgemeenskap is in rep in roer nadat ‘n skoolhoof verlede week in die Stellenbosch-landdroshof verskyn het in verband met beweerde seksuele aanranding. Die skoolhoof het op Donderdag 29…
Die saak teen twee verdagtes wat verdink word van Pieter de Kock se dood, is tot 19 Februarie uitgestel.
Cloetesville-polisie ondersoek die moord van ‘n man wat helderoordag in Langstraat geskiet is.
Twee verdagtes staan tereg op drie aanklagte van poging tot moord nadat twee kinders en ‘n man op Sondag 7 Desember in ‘n skietery in North End-straat, Cloetesville, gewond is.
Die twee mans van Khayamandi is in die hooggeregshof aan Cheney Prins se moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer, sowel as regsverydeling skuldig bevind.
Politici het hierdie week hul stemme by dié van Cloetesville-inwoners gevoeg in ‘n poging om bendegweld te bekamp.
Misdaadvoorkoming en gemeenskapsveiligheid in Jonkershoek en Stellenbosch Sentraal het ‘n hupstoot gekry met die onlangse opgradering van die Jonkershoek- spesiale belastingsgebied (JSRA) en die Stellenbosch Improvement and Transformation Initiative (Siti)…