Die vermeende moordenaar van wyle Zandré Japie (6) sal in November haar kant van die saak aan die Stellenbosch-hof moet verduidelik.

Elizabeth Japie, Zandré se tannie, van Jamestown is in 2024 deur die Stellenbosch-polisie aangekeer nadat Zandré op 3 Mei 2024 dood in haar woning aangetref is.

Die seun is aanvanklik van Khayelitsha na Stellenbosch gestuur omdat sy ma gehoop het hy sou hier plek in ‘n skool kan kry. Dae later was die seun egter dood.

LEES OOK: Japie-moordsaak sloer nog, weer probleme met regsverteenwoordiger

Japie se saak het heelwat gesloer nadat haar eerste regsverteenwoordiger onttrek het weens die “gekompliseerde saak”.

Die staat het voorheen aangedui Japie word verdink van meer as 10 klagtes wat onder meer kindermishandeling, dwarsboming van die gereg en Zandré se moord insluit.

Die verhoor sal op Maandag 9 November begin en etlike dae duur.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article