BLOEMFONTEIN – Inskrywings vir die Matrikulant van die Jaar-kompetisie van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en Novus Media kom fluks in met die sluitingsdatum wat om die draai is.
Matrikulante van oor Suid-Afrika heen wat uitblink in akademie, kultuur, sport en leierskap, en wat beplan om volgende jaar aan die UV te studeer, word genooi om hulle in te skryf.
Vorige deelnemers sonder selfvertoue uit as een van die grootste voordele van hul deelname aan die eindronde.
“Ek het werklik besef hoe ’n groot voorreg dit is om as finalis gekies te wees tydens die kompetisie – en dit het vir my soveel selfvertroue gegee,” sê Jenni Muller, vanjaar ’n mediese student.

FOTO: Charl Devenish
Christiaan Kotzé, ook ’n mediese student, sê sy deelname het hom laat besef dat hy gegroei het en ek die selfvertroue het om nuwe vriende te maak.
“Ek het myself altyd as ’n introvert beskou.”
LEES OOK: Matriculant of the Year | Competition builds self-awareness, boosts confidence
Die twee studente se raad aan vanjaar se deelnemers is om elke oomblik te geniet. Hulle stem saam dat die vriendskappe wat tydens die eindronde gevorm is van onskatbare waarde is.
Beurse en prysgeld van sowat R500 000 is op die spel vir die 25 topdeelnemers, danksy die ondersteuning van die UV se Studentewerwingsdienste, die Kovsie-Alumnitrust, Forvis Mazars, Absa en Pick n Pay Preller Walk.

Skryf só in
Leerlinge kan hulself inskryf of hulle kan deur hul skool benoem word. Inskryfvorms moet deur die skoolhoof onderteken en van die amptelike skoolstempel voorsien word.
Altesaam 25 semifinaliste sal aangewys word, waarna 14 finaliste na die eindronde, wat van 5 tot 7 Oktober in Bloemfontein plaasvind, sal deurdring.
LEES OOK: Matrikulant van die jaar | Jong leiers se outentieke stem gehoor
Die wenner en die 13 ander finaliste ontvang prysgeld, beurse en geskenke, terwyl die semifinaliste ook vir pryse en beurse kwalifiseer.
Inskrywing sluit op 31 Julie.
Skandeer die QR-kode of klik hier, laai die inskryfvorm af, vul dit in en stuur dit terug na Linda Greyling by greylinl@ufs.ac.za. Sy kan ook gekontak word vir meer inligting.






You must be logged in to post a comment.