Zuma “is nog met ons”

Oudpres. Jacob Zuma.
Oudpres. Jacob Zuma. Foto: Darren Stewart, Gallo Images.

Oudpres. Jacob Zuma “is nog met ons”. Só het Duduzane Zuma, seun van Zuma en adjunkleier van die MK-party (MKP) op ’n MKP-saamtrek gesê, waarvan die video Vrydagmiddag op die MKP se X-rekening gedeel is. Zuma is tans 84 jaar oud.


“Party mense het fees gevier, en gesê Msholozi (Zuma), daar is ’n probleem – ons gaan hom nie weer sien nie.
“Hy is inderdaad met ons,” sê Duduzane.

LEES OOK | MKP-veldtog gaan voort te midde van onsekerheid oor Zuma se gesondheid


Duduzane het vermoedelik Donderdag gepraat op ’n saamtrek van die MKP in die iLembe-distriksmunisipaliteit, in KwaZulu-Natal.
Duduzane het namens Zuma aan die MKP-ondersteuners om verskoning gevra dat Zuma nie die geleentheid kon bywoon soos belowe is nie.


Volgens Duduzane moes Zuma homself deur dokters laat sien.
Dit volg nadat Zuma na wat berig word vroeër vandeesweek in die hospitaal opgeneem is. Na wat berig word is die situasie taamlik ernstig.


Volgens minstens een van die onlangse peilings staan die MKP ’n kans om ’n meerderheid van tot 55% in die munsipale verkiesing op 4 November in die eThekwini-metro te ontvang. In die nasionale verkiesing meer as twee jaar gelede in in Mei 2024 het die MKP taamlik goed gevaar in KwaZulu-Natal.
Sifiso Mahlangu, MKP-woordvoerder, het nog nie op navrae gereageer nie.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos