Verkiesing: Die Papier-redaksie stem

Verkiesing.
Foto ter illustrasie: Franco Havenga.

Die Papier-redaksie het reeds hul kruisies getrek en moedig lesers aan om ook hul demokratiese reg uit te oefen. Maak jou stem dik en help om ’n verskil in Suid-Afrika se toekoms te maak! Elke stem tel.

Die stemry by die Laerskool Wierdapark in Centurion, Pretoria, het 06:15 reeds om die hoek gekronkel. Die ANC, DA en VF Plus is buite die stemlokaal in dié DA-wyk. Die skoolhek het stiptelik 07:00 oopgemaak en mense het in die stemlokaal begin beweeg. Oorkant die skool het die Gereformeerde Kerk ’n mark waar daar vroeg-vroeg reeds musiek begin speel het. Foto: Lucia Poolman.

Die ry hier by Fontainebleau Gemeenskapskerk in Randburg vorder vinnig. Pensioenarisse is na die voorpunt van die ry geskuif en trek nou hul kruisies. Die res van die kiesers is volgens vanne ingedeel – een van die maatreëls wat die Verkiesingskommissie vanjaar ingestel het om rye vinniger te laat vorder. Dis heel jolig hierbuite, met koffie en kosstalletjies. Foto: Jana Marx.

Die ry by Germiston se Itembelihle LSEN School waar tientalle kiesers gereed is om te stem. Foto: Anushka van Loggerenberg.

By die Sandton-brandweerstasie staan kiesers al vroeg in die ry om hul kruisies te trek. Foto: Franco Havenga

By die Sandton-brandweerstasie staan kiesers al vroeg in die ry om hul kruisies te trek.

Die ry by Laerskool President Steyn in Alberton staan al van 6 uur af en staan al klaar om die hoek van die skool. Foto: Ilse Salzwedel

Mense by Weltevreden Park Primary School staan reg om hul kruisies te trek. Foto: Gerrie Lotriet

Stemmery wat Maandag begin het by Ridgecrest-kerk in Radiokop, Roodepoort. Foto: Vernon Janse van Rensburg

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos