Verbysterde Venterdorp-gemeenskap ruk op

Gemeenskapslede in Ventersdorp.
Gemeenskapslede in Ventersdorp.

Nóú veroordeel Malema dit ook

Julius Malema, die EFF-leier, het nou die aanval op Marx tydens die party se saamtrek in die Orlando-stadion op 31 Oktober veroordeel.

Hy het gesê die slagspreuk “Kill the Boer, Kill the Farmer” was volgens hom nooit letterlik bedoel nie en dat die moorde op boere moet ophou. Hy het ook gesê geen wit of swart boer behoort vermoor te word nie.

Malema het egter die historiese bevrydingstrydlied verdedig en aangevoer dat dit nie as ’n oproep tot die letterlike doodmaak van mense vertolk moet word nie. Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van AfriForum, meen politieke uitsprake moet binne hul konteks beoordeel word, maar sê boere en landelike gemeenskappe het onvoldoende beskerming.

Hy het kritiek uitgespreek op Malema se gebruik van “Kill the Boer, Kill the Farmer” en meen politieke leiers moet verantwoordelikheid aanvaar vir die boodskappe wat hulle uitdra.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos