Hier is die hoofnuus wat vandag, 27 September, gebeur het. Dié artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.
Plaaslik
#TaverneSlagting Luidens berigte het die polisie daarin geslaag om die verdagtes te identifiseer en sal hulle binnekort in hegtenis geneem sal word
TM-pres. Caesar Nongqunga sê SA se naam moet na Azania verander: ‘S-Afrikaners kan nie na ’n plek vernoem word nie, want hierdie ding wat SA genoem word, is bloot ’n plek’
Duné Coetzee het 200 m-vryslag in 1:56,78 gewen en ook B-kwalifiseringsmerker vir haar Beijing-kaartjie in 400 m-vryslag behaal by SA-kortbaankampioenskappe in PMB
‘Ons het in die Springbok-trui verloor en dit teen Australië . . . ons het niemand anders om die skuld te gee behalwe onsself nie,’ sê Bok-afrigter Rassie oor Bokke se nederlaag Sondag
Geregistreerde kiesers wat nie op 4 November by hul stemlokaal kan stem nie, kan om ’n spesiale stem aansoek doen en hul stem voor verkiesingsdag uitbring, aansoeke sluit 12 Oktober
#TaverneSlagting Verdagte in hegtenis geneem vir moord op 17 mense by Wedela naby Carletonville, soektog duur nog voort na 8 ander gewapende mans
City Power-tegniese spanne vind tekens van kabeldiefstal, vandalisme en peutery met infrastruktuur in ondergrondse tonnels by JHB se sentrale substasie – dele van Marshalltown en JHB-sakekern sonder krag, hersteltyd onseker
Miljarde rande wat deur informele ondernemings, waaronder spaza-winkels, gegenereer word, word moontlik deur ongeregistreerde finansiële kanale uit Suid-Afrika verskuif
Die liggaam van 11de vrou is langs spoorlyn in Struisbult, Springs, gevind wat die kommer oor ’n reeks sterftes in en om die metro verder laat toeneem – 4 verdagtes vir 3 van die sake in hegtenis geneem
#TaverneSlagting Polisie soek na 8 verdagtes wat verantwoordelik was vir die dood van 17, sê hulle beskik oor duidelike foto’s van die verdagtes
Ná byna 15 jaar se stryd om te kry wat volgens haar aan haar verskuldig is, het sangeres en liedjieskrywer Nomsa Mazwai vandeesweek strafsaak teen die Grammy-bekroonde DJ en vervaardiger Black Coffee aanhangig gemaak
Voormalige OB Thuli Madonsela het reeks WhatsApp-boodskappe en korrespondensie tussen familielede aan hooggeregshof voorgelê om te bewys dat sy “eggenote” van ontslape sakeman Richard “Dick” Foxton was ten tye van sy afsterwe
SOE sê hy het beslag gelê op kontant, eiendomme, pensioengeld en beleggings van sowat R42,4 miljoen wat na bewering verband hou met omkoopgeld wat aan amptenare by Tembisa-hospitaal betaal is
Droom word waar vir oudste Comrades-deelnemer Johannes Mosehla (84) van Polokwane wat danksy Ludwick Mamabolo Sondag aan Berlynse marathon kan deelneem – en hy wens vir internasionale medalje!
#PienkDag Ryan Rickleton sal vanweë persoonlike redes nie vandag op die veld vir Proteas teen Australië verskyn nie
Blouberg munisipaliteit hou binnekort spesiale sitting vergader ná munisipale bestuurder, Refilwe Jonas Ramothwala en BBT Security Services-direkteure, Sello Herlot Mongalo & Ngoako Nicolas Thoka, deur Valke in hegtenis geneem is
Past. Paseka “Mboro” Motsoeneng en sy maatskappy (Incredible Happenings) word ondersoek oor moontlike onreëlmatighede ná hulle oor 4 maande in 2025 en 2026 sowat R6,5 miljoen se kontrakte van Rand Water ontvang het vir die verskaffing van lokale vir geleenthede
#PienkDag Opwindende eendag-krieket met Proteas teen Australië vandag op DP World Wanderers vanaf 10:00, Proteas het reeds 1ste wedstryd in reeks in hul guns beklink
Ten spyte van R19,3 m spandeer op 10111-noodlyn, verhoed personeeltekorte en verouderde tegnologie diens waarop mense wat dringend polisiebystand benodig, kan staatmaak
11 het gesterf en verdere 8 het ernstige brandwonde opgedoen in kop-aan-kop-botsing tussen minibus-taxi en swaar motorvoertuig op N2 suidwaarts by KwaManandi in Mtubatuba, in noorde van KZN
Lyk in Mooifontein-begraafplaas: Polisie het verdagte in Tzaneen (Limpopo) aangekeer in verband met moord op vrou wie se liggaam Saterdagoggend in Tembisa gevind is
Geskorsde adjunk-nasionale polisiekommissaris, lt.genl. Shadrack Sibiya, glo gereelde besoeker aan eksklusiewe ontkleeklub in Sandton, bewerings dat hy voorkeur voorkeur vir Russiese vroue gehad het
17 dood, 15 gewond tydens massa-skietery by taverne in Carletonville, verdagtes het glo in twee voertuie ontsnap
Internasionaal
Polisierobot ingespan om deure van 3 verdagte voertuie oop te skiet tydens teen-terreur-operasie naby Fairford-lugmagbasis in VK ná 5 mans ingevolge terreurwet daar in hegtenis geneem is
Madonna tree Sondag vir 1ste keer in 20 jaar by MTV-toekennings op, ook vir 13 toekennings genomineer (die meeste nominasies vir dié geleentheid)
Raul Rosas Jr. het Saterdag UFC Fight Night-hoofgeveg in Las Vegas gewen, maar kommer oor sy teenstander, Raoni Barcelos, het oorwinning oorskadu nadat Barcelos ná tegniese uitklophou in 5de ronde van hul kapokgewig-geveg in hospitaal opgeneem is
Hoofkantoorgebou van die telekommunikasiemaatskappy Kyivstar in Kiëf is Sondagoggend in ’n aanval beskadig, geen werknemers is beseer nie
SpaceX sal Maandag probeer om sy Starship-vuurpyl, die kragtigste een ooit, vir 1ste keer in wentelbaan te plaas en só weg te baan vir ontplooiing van 1ste groep nuwe generasie Starlink-internetsatelliete
Kalifornië se goewerneur, Gavin Newsom, het wet onderteken wat mishandelde en verwaarloosde diere wat as bewysstukke aangehou word, in staat stel om pleegsorg te kry of aangeneem te word eerder as om in skuilings te bly
Iran sê hy sal wag vir amptelike reaksie van VSA nadat Trump 7-dag voorstel oor Straat van Hormoes verwerp het
Inwoners van Costa del Sol in Spanje vermaan om binnenshuis te bly ná wegholveldbrand berg naby Marbella omring
Vier sterf toe helikopter sowat 50 km van Montreal in Kanada neergestort en in vlamme uitgebars het, slagoffers nog nie geïdentifiseer nie
Minstens 14 plaaslike klimmers en gidse word vermis nadat sneeustorting basiskamp aan die voet van Himlung-piek in sentraal-Nepal vroeg Sondagoggend getref het
Britse polisie het huise naby Amerikaanse lugmagbasis ontruim ná verskeie mans in hegtenis geneem is op vermoede van oortredings wat met plofstof verband hou
Israeliese weermag (IDF) het bevestig dat Saher Nidal Latfi Sakr, man wat motorfiets bestuur het wat gebruik is om Noa Argamani op 7 Oktober 2023 vanaf Nova-fees te ontvoer, dood is
Indien Christa Pike (50) se appèl faal, sal sy Woensdag die eerste vrou in 200 jaar wees wat in Tennesee tereggestel sal word – sy was 17 toe sy en kêrel vir Colleen Slemmer (19) grusaam vermoor het
Turkye se aandelemark het beleggers met skouspelagtige opbrengste gelok, maar nou het die borrel gebars – in net twee dae het ’n skandaal $30 miljard van die mark uitgewis
Situasie by Catania-Fontanarossa-lughawe steeds erg ontwrig en lughawe tot 14:00 (SA-tyd) gesluit vanweë as afkomstig vanuit vulkaan Etna
