Vandag in die nuus

Julius Malema maak groot verkiesingsbeloftes. Foto: X
Julius Malema maak groot verkiesingsbeloftes. Foto: X

Hier is die hoofnuus wat vandag, 18 Oktober, gebeur het. Dié artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

Plaaslik

Die ANC-vroueliga doen ’n beroep op die party om sy voorsitter, Gwede Mantashe, oor sy uitlatings tydens ’n onderhoud oor seks in ruil vir werk tereg te wys en dissiplinêr teen hom op te tree

7 mans, onder wie 6 Mosambiekers en een Suid-Afrikaner, is in Mataffin, naby Mbombela, in hegtenis geneem ná ’n huisroof in Brondal, naby Witrivier, waartydens ’n beige Toyota Land Cruiser gesteel is (verdagtes tussen 29-52 jaar oud)

Die gemeenskap van Louisvale, naby Upington in N-Kaap, geskok en woedend ná moord op seun (9), man (26) in hegtenis in verband met die voorval wat Sondagoggend plaasgevind het

WVK-ondersoek: AfriForum wil Mbeki oor beweerde politieke inmenging kruisondervra

Gauteng-premier Panyaza Lesufi het versuim om amptenare aanspreeklik te hou vir die omstrede R197 miljoen-kontrak vir #GautengAirwing wat in skandaal ontaard het

Malawiër (46) in GP vasgetrek vir gesteelde goedere, onder andere ’n Ford Ranger en 1 700 bale jeans wat in stoorgeriewe gevind is

#SAvAUS Ná 10 boulbeurte is die telling 18/2 (Markram uit vir 11 en Beddingham vir 0), Ackerman en Bavuma nou voor paaltjies

#Verkiesingsbesloftes Hlaudi Motsoeneng (ACM) belowe om geel vloot en munisipale voertuie terug te kry wat glo tydens Terror Lekota se termyn as Vrystaatse premier verwyder is, asook 90% diensleweringplan . . .https://x.com/newslivesa/status/2111719039164989911?s=20

Totale bog en fopnuus, sê SABC ná gerugte die ronde begin doen het dat Leanne Manas bedank het

Ipsos-opname bevind dat byna drie uit elke vier winkels landwyd (74,5%) steeds sigarette verkoop teen pryse wat daarop dui dat die verskuldigde belasting nie betaal is nie

MK-party hou mini-saamtrek by die Mnini-sportterrein in uMgababa, suid van Durban, waar 2 ANC-lede Donderdag doodgeskiet is terwyl hulle van huis tot huis veldtog gevoer het

Voormalige Japannese losvoorspeler Lappies Labuschagné (37) het pos as verdedigingsafrigter by Grey-kollege se o.15-span in Suid-Afrika losgeslaan

#SAvAUS Spel kan voortgaan ná reën by St George’s opgeklaar het: 1ste sessie: 12:00–13:30 2de sessie: 14:10–16:10 3de sessie: 16:30–18:00

Die departement van gesondheid sê die getal bevestigde A-pokke-gevalle (mpox) in die land het sedert die begin van die jaar van 22 tot 26 gestyg

#Verkiesingsbeloftes Juju het Vrystaters gevra om vir die EFF te stem en belowe dat die party bekostigbare elektrisiteit sal voorsien

Proteas-veranderinge: Marques Ackerman staan op punt om sy toetsdebuut te maak, Matthew Breetzke en Kagiso Rabada ook in die span – hulle vervang Tristan Stubbs, Kyle Verreynne en Keshav Maharaj

Drie vroue van Peru is uit gastehuis in Gqeberha gered nadat hulle na bewering onder valse voorwendsels na SA gelok en betrek is by ’n vermeende aanlyn-bedrogspul wat mense in hul tuisland geteiken het

Drie verdagtes vasgetrek in verband met moord op Khadziyane Ndivhuwo (20), ’n komediant en inhoudskepper van Limpopo wat algemeen as Skeem Mafenya bekend gestaan het

Die Grensbestuursowerheid sal ’n voertuigteikenstelsel bekendstel om die smokkel van gesteelde voertuie te help bekamp

Internasionaal

Twee mense, onder wie ’n sesjarige kind, is dood en 10 ander beseer ná voertuig tydens sokkerwedstryd in Wichita, VSA, op die speelveld gery het, vrou (34) in aanhouding

’n Voertuig het vroeg Sondagoggend by Los Angeles Internasionale Lughawe (LAX) aan die brand geslaan tydens ’n sleepoperasie waarby ’n EVA Air-vliegtuig betrokke was

https://twitter.com/TripppleSeven7/status/2111785268797915594?s=20

Man (18) van New Jersey, VSA, aangekla van moord ná sy aanboordkamera glo wys hoe hy omdraai, 2 meisies (17) volg en hulle toe met sy elektriese fiets teen sowat 113km/h tref – spoedbeperking was 40 km/h

Die Franse president Emmanuel Macron gaan Sondag om 20:00 (plaaslike tyd) ’n televisietoespraak lewer ná gewelddadige betogings wat die land geruk het

Priester Patricio Sanchez het tydens regstreekse uitsending van Katolieke mis in Latyns-Amerika gesterf toe reuse houtkruis hom op altaar verpletter het

VAE het ingestem om weer by oorlog in Jemen betrokke te raak deur betalings aan sommige regeringsmagte wat in die suide teen Iran-gesteunde Houthi’s veg, te hervat, Saoedi-Arabië het ingestem om lugsteun te verskaf

Japan beplan om ruimtetuig te lanseer in wêreld se 1ste sending om monsters van Phobos, een van die twee klein, aartappelvormige mane wat om Mars wentel, na die aarde terug te bring

Penehupifo “Penny” Pohamba (78) is Saterdag oorlede, sy was van 2005 tot 2015 Namibië se presidentsvrou tydens haar man, Hifikepunye Pohamba, se presidentskap Namibië

Iran se parlement het Sondag Mehrdad Akhlaghi as die land se nuwe minister van verdediging goedgekeur, hy vervang sy voorganger wat op 1ste dag van die oorlog met die VSA dood is

Volgens bewaringsgroepe is tientalle kritiek bedreigde orangoetangs die afgelope weke gered van verwoestende veldbrande in Indonesië wat die streek in giftige rookmis gehul het

Kingdom Centre-wolkekrabber in Riaad, een van die stad se bekendste landmerke, het Sondag sy kantoorhuurders opdrag gegee om tot verdere kennisgewing van die huis af te werk ná herhaalde Houthi-aanvalle op Saoedi-Arabië

Duisende Tunisiërs het Saterdag in die hoofstad aan die grootste betoging in jare teen president Kais Saied deelgeneem, beskuldig hom daarvan dat hy demokrasie ondermyn en ekonomie wanbestuur

Oekraïne het vroeër Sondagoggend die oliehawe in Sint Petersburg aangeval en aan die brand gesteek, dis een van Rusland se grootste fasiliteite vir brandstofopberging en -uitvoer

Reisigers na Frankryk en ander dele van Europa word vermaan om versigtig te wees vanweë gewelddadige opstande en plundery (wat ook na Italië oorgespoel het)

Kanadese minister van verdediging, David McGuinty, het bekend gemaak daar was “sterftes en beserings” ná ’n voorval by ’n militêre basis in die weste van Kanada

JD Vance, Amerikaanse visepresident, het op X gesê dat immigrasie die oorsaak van geweld tydens betogings in Frankryk is, terwyl hy ’n video gedeel het wat wys hoe die stadsaal in Limoges aan die brand is

Frankryk se eerste minister, Sebastien Lecornu, het gesê 1 200 mense is Saterdag tydens betogings regoor die land in hegtenis geneem, terwyl 150 polisiebeamptes beseer is

Israelse setlaars het ’n konvooi Europese diplomate op die Wesoewer aangeval en ’n besoekende Franse burgemeester aangerand, volgens ooggetuies, terwyl die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, gewaarsku het teen ’n ontwikkelende ‘krisis’ in die gebied, ’n dag nadat ’n Amerikaanse fotojoernalis in ’n gewelddadige aanval beseer is


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos