Stormers-lostrio dalk VRK se beste?

Die Stormers se Paul de Villiers probeer Ethan Hooker se skop afstorm.
Die Stormers se Paul de Villiers probeer Ethan Hooker se skop afstorm. Foto: Ashley Vlotman/Gallo Images.

Die Stormers se Hacjivah Dayimani, Siya Kolisi, Paul de Villiers en Evan Roos kan moontlik die beste lostrio in vanjaar se Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) wees. Dit is die mening van Jean de Villiers, ’n voormalige Springbok-kaptein, wat reken sy ou span kan vanjaar weer goed vaar in dié kompetisie.

“Die Stormers beskik vanjaar oor ’n groep wat vir seker welslae kan behaal, maar ’n lang seisoen lê voor en hulle sal deurlopend met goeie vertonings vorendag moet kom.

“Hulle sal soos teen die Sharks verlede naweek in meer van hul wedstryde druk van die begin af moet toepas – mét genoeg en goeie balbesit – en sal gebiedsvoordeel moet oorheers.”

Volgens De Villiers het die Kapenaars reeds gewys hulle kan in die skrums baie sterk wees en sal dit as een van hul groot wapens moet gebruik.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos