Die Suid-Afrikaanse rugby-franchises beleef geweldige druk dié tyd van die jaar wanneer twee Europese kompetisies met mekaar vervleg word.
Die een naweek speel spanne soos die Bulls, Stormers en Lions in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) en die volgende naweek in die Europese Kampioenebeker, net om die volgende naweek weer in die VRK uit te draf.
Johan Ackermann, die afrigter van die Bulls, reken dis ’n fyn balanseertoertjie wat moet afspeel om sukses in albei te behaal. “Twee Europese kompetisies wat gelyk gespeel word, plaas druk op ons spanne. Die Europese Kampioenebeker is baie kort en laat geen ruimte vir foute nie.
“As jy jou tuiswedstryde verloor, is dit basies neusie verby. Aan die ander kant moet jy steeds jou wegwedstryde speel, wat ekstra druk op spanne en spelers plaas wat die VRK betref.”
Ackermann het dalk ’n oplossing vir die probleem . . .
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
