Sir David Attenborough vier ’n eeu op sy geliefde planeet

David Attenborough.
David Attenborough. Foto: AFP.

Toe die destydse 26-jarige David Attenborough in 1952 by die BBC begin werk het, was televisie nog so ’n nuwe medium dat hy self nog net een televisieprogram gesien het.

Maar hy het vinnig geleer en teen 1954 was hy nie net ’n vervaardiger nie, maar ook ’n ateljee-aanbieder van Zoo Quest, ’n gewilde reeks oor die natuur.

In net meer as sewe dekades het sir David Attenborough, of SDA (sy personeel se troetel­naam vir hom) meer as 100 dokumentêre programme en TV-reekse vervaardig en is hy wêreldberoemd.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos