’n Rekordlae opkoms na die stembus in die komende plaaslike verkiesing op Woensdag 4 November word nou deur een van die land se voorste verkiesingsontleders verwag nadat ’n groter deelname aanvanklik voorsien is.
Wayne Sussman, die direkteur van AJC Africa Institute, sê hy was aanvanklik positief dat meer kiesers sou uitkom om te stem, maar word nou al hoe meer pessimisties. “Kiesersopkoms is iets wat bitter moeilik is om te voorspel,” sê Sussman. “Ek dink nou dat daar dalk selfs minder geregistreerde kiesers stembus toe sal gaan, vergeleke met die vorige plaaslike verkiesing in 2021 tydens die Covid-19- pandemie, toe ’n rekordlae kiesersopkoms aangeteken is.”
Volgens hom kan ’n gebrek aan dienslewering mense – veral in landelike gebiede – ontmoedig om te gaan stem. Sussman sê die dalende kiesersopkoms strek ook tot nasionale en provinsiale verkiesings. “Hoewel ons appels met appels moet vergelyk, was die kiesersopkoms in 2024 die laagste in ’n nasionale en provinsiale verkiesing. Dis hartseer, want kiesersopkoms is op ’n dalende trajek.”
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
