Só werk jou stembriewe
Kiesers in metro’s ontvang twee stembriewe: een om ’n wyksraadslid te kies en een om vir ’n politieke party op die proporsionele verteenwoordiging (PR)-stembrief te stem. Die wykskandidaat met die meeste stemme wen die wyksetel.
Elke party se geldige PR-stemme en die geldige stemme vir sy wykskandidate word saamgetel. Dié gekombineerde steun word gebruik om te bereken op hoeveel setels die party in die raad geregtig is.
Die wyksetels wat die party reeds gewen het, word daarvan afgetrek, waarna die oorblywende setels uit sy PR-kandidatelys gevul word. Kiesers in landelike munisipaliteite ontvang ’n derde stembrief om verteenwoordigers vir die distriksraad te kies.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
