‘Meer leiers in tronk’
Wat sou volgens Julian Rademeyer, ’n senior raadgewer by die Global Initiative Against Transnational Organised Crime (GI-TOC), die oplossing wees vir die krisis waarin die polisie hom bevind?
“Die polisie kort spesialiste. Ons kort nie meer polisielede nie – ons kort ʼn polisiemag wat sake kan ondersoek en dossiere kan sluit. Dis nogal vreesaanjaend om te dink ons polisiemag kan net omtrent 11% van moordsake per jaar oplos.”
Die polisie moet ook meer op sindikaatleiers as op die voetsoldate fokus, sê Rademeyer. “Ons moet hierdie leiers in die tronk sien en ook die korrupte polisielede en prokureurs en almal wat misdaad moontlik maak. Ons het ongelukkig ’n land geword sonder nagevolge vir georganiseerde misdaad.”
- Lees die volledige artikel in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
