Sy het nog altyd aan haarself gedink as ’n “soet kind; hierdie ‘hoofdogter’ van Vredendal”, skerts Magdaleen Krüger.
Maar tydens haar onlangse skoolreünie en die viering van haar universiteitskoshuis se 100-jarige bestaan vroeër vandeesmaand, moes sy toe hoor van al die onnutsighede wat sy altyd uitgedink het.
Dis Magdaleen Krüger – altyd reg met ’n staaltjie of ’n poets, maar ook ’n baas wat haar voet kon dwars sit as die situasie dit vereis.
Nou groet Magdaleen – of MK, soos sy haar e-posse aan RSG-personeel onderteken het – finaal die mikrofoon.
- Lees die volledige onderhoud in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
