Wie was die beste Suid-Afrikaner op die veld? Edinburgh se stut Pierre Schoeman? Of dalk selfs langs die veld kan ’n mens hul breier, Sean Everitt nomineer. Sy span het immers die Lions met 31-10 behoorlik laat les opsê.
Maar nee, ons speler van die wedstryd is Erich Cronjé.
In dié wedstryd was dit sy verdediging, eerder as sy gevaarlike aanvallende spel, wat uitgestaan het.
Edinburgh het, ten spyte van die nat toestande, gereeld die bal wyd versprei om neffens die kantlyn gapings en geleenthede te soek. Aan Cronjé se kant van die veld is hulle byna heeltyd gestuit sonder om enige skade te maak.
Die strafskop wat hy afgestaan het, wat eindelik in ’n drie vir Edinburgh omgeskakel is, sal hom baie pla. Veral omdat hy oor die algemeen so goed op verdediging was.
Die Lions-vleuel Kelly Mpeku het nie sy beste wedstryd beleef nie, en dit is duidelik dat Edinburgh meer gereeld aan sy kant van die veld probleme veroorsaak het.
Die vraag bly staan: Wat gaan dit verg dat die Lions eindelik ’n wedstryd in Europa kan wen?
