Kabinetaanstelling: Dina Pule in nadat Ramaphosa onder druk swig

Nonkosi Mhlantla, die waarnemende adjunkhoofregter; pres. Cyril Ramaphosa en Dina Pule, wat Woensdag as die nuwe minister van maatskaplike ontwikkeling ingesweer is.
Nonkosi Mhlantla, die waarnemende adjunkhoofregter; pres. Cyril Ramaphosa en Dina Pule, wat Woensdag as die nuwe minister van maatskaplike ontwikkeling ingesweer is. Foto: Baba Jiyane, GCIS.

Pres. Cyril Ramaphosa het onder druk van die ANC-­vroueliga geswig met die ­kabinetsaanstelling van Dina Pule, wat ­bevindings van onetiese gedrag op haar rekord het. Die gevolg: Dié omstrede oudminister en adjunksekretaris-generaal van die Vroueliga is nou die nuwe minister van maatskaplike ontwikkeling.

Die Papier verneem die ­Vroue­liga het, in wat een bron as ’n opportunistiese skuif beskryf, Pule se naam voorgestel nadat Geordin Hill-Lewis sy ­voorgestelde DA-kabinetskommelinge twee weke gelede in die openbaar aangekondig het.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos