Malcolm is ’n Bul!

Malcolm Marx. Foto: Gallo Images.
Malcolm Marx. Foto: Gallo Images.

Malcolm Marx verhuis volgende jaar Pretoria toe om hom by die Bulls aan te sluit. Die Papier het by twee onberispelike bronne bevestig dat die Springbok-haker teen April reeds by Loftus Versfeld kan aanmeld. “Malcolm het geteken en hy is amptelik aan die einde van die seisoen ’n Bul. Hy sal – soos dinge tans staan – in April, Mei of Junie volgende jaar in Pretoria wees.”

Die onthulling volg kort nadat die Springbok-voorspeler Kwagga Smith reeds vandeesweek by die Bulls aangemeld het. Marx, wat verlede jaar as Wêreldrugby se Speler van die Jaar aangewys is, was ook een van die Springbokke se uitstaande spelers tydens die Greatest Rivalry-reeks vroeër vanjaar teen Nieu-Seeland.

Dié tweemalige Wêreldbekerwenner se kontrak met die Japanse klubspan Kubota Spears, waar hy sedert 2021 uitdraf, verstryk aan die einde van die seisoen.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos