skaars soos hoendertande
idiomatiese uitdrukking
Baie skaars of onver krygbaar; uiters seldsaam:
Kaartjies vir verlede Saterdag se wedstryd tussen die WP en N-TV was skaars soos hoendertande (Burg, 8 Jul. 1988, E)
’n Sin vir humor is deesdae so skaars soos hoendertande. Kyk ’n bietjie rondom jou wanneer jy weer in ’n restaurant of wagkamer sit (M. Maré: Legkaart, 2014, 130).
