Bulls teen Ulster: Dís Die Papier se speler van die wedstryd

Bulls-speler Marcell Coetzee.
Bulls-speler Marcell Coetzee. Foto: Anton Geyser/Gallo Images.

Voormalige Bulls-afrigter Jake White het gereeld gesê hy weet nie hoekom Bok-breier Rassie Erasmus nie vir Bulls-kaptein Marcell Coetzee ’n kans gee nie. Coetzee het op 9 Junie 2012 vir die eerste keer vir die Bokke uitgedraf teen Engeland en daarna 31 toetse vir die Bokke gespeel.

Twee ander spelers het daardie dag saam met Coetzee die eerste keer vir die Springbokke gespeel: Jeandré Kruger en meer indrukwekkend, Eben Etzebeth.

Sedertdien is Coetzee hoofsaaklik oorgeslaan as daar oor Springbok-losspelers gepraat word.

Of Coetzee by die huidige Springbok-span se spel kan inpas, bly debatteerbaar. Wat egter nie betwis kan word nie, is watter impak hy as kaptein op dié Bulls-span het.

Sedert hy in 2021 vanaf Ulster by die Bulls aangesluit het, gee hy week in en week uit sy alles vir sy span. Só ook dié week.

Druk die eerste en derde drie, speel ’n kardinale rol in die tweede drie. Een van die enigste foute wat hy gemaak het, het ongelukkig ’n geel kaart as resultaat gehad.

Die Bulls het die wedstryd eindelik 34-26 gewen en Paul de Wet was die amptelike speler van die wedstryd

Moet Coetzee weer in die Springbok-groep ingesluit word. Heel moontlik nie. Kan hy ’n Bulls-legende word as sy span eindelik ’n VRK- of Europese Kampioenebeker-trofee kan lig. Heel moontlik.

Komaan, Coetzee en troepe!


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos