Adj.pres. Paul Mashatile se kantoor meen die speaker kan ministers se herhaalde versuim om parlementêre vrae betyds te beantwoord, regstreeks met pres. Cyril Ramaphosa opneem.
Die presidensie sê egter die kwessie moet eers deur Mashatile hanteer word voordat dit na die president geëskaleer word.
Dit volg nadat Lawson Naidoo van die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) gesê het Mashatile moet as leier van regeringsake verantwoordelikheid aanvaar om te verseker dat ministers hul vrae betyds beantwoord.
“Dit blyk ’n strukturele probleem te wees, wat al lank aankom,” sê Naidoo.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
