Bekende spelers praat daaroor
Die voorval van die springbok-hake Bongi Mbonambi is nie die eerste keer dat rugbyspelers se verhouding met alkohol onder die soeklig kom nie. Verskeie spelers, onder wie Seabelo Senatla, Siya Kolisi, James Dalton, asook die Australiërs James O’Connor en Kurtley Beale, het al in die openbaar oor hul persoonlike uitdagings met alkoholgebruik gepraat.
Cheslin Kolbe is in November 2013 op vermoede van dronkbestuur by ’n padversperring in hegtenis geneem. Die saak is egter nie verder gevoer nie. Die voormalige Springbok Joe van Niekerk het reeds in 2020 gewaarsku dat drank deel van die rugbykultuur was toe hy sy loopbaan begin het.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
