Oor na die middelklas en die minderheid

DA se Helen Zille by ’n brug wat Houghton toe afdraai in Johannesburg.
DA se Helen Zille by ’n brug wat Houghton toe afdraai in Johannesburg. Foto: Facebook/DemocraticAlliance.

Só werk jou stembriewe

Kiesers in metro’s ontvang twee stembriewe: een om ’n wyksraadslid te kies en een om vir ’n politieke party op die proporsionele verteenwoordiging (PR)-stembrief te stem. Die wykskandidaat met die meeste stemme wen die wyksetel.

Elke party se geldige PR-stemme en die geldige stemme vir sy wykskandidate word saamgetel. Dié gekombineerde steun word gebruik om te bereken op hoeveel setels die party in die raad geregtig is.

Die wyksetels wat die party reeds gewen het, word daarvan afgetrek, waarna die oorblywende setels uit sy PR-kandidatelys gevul word. Kiesers in landelike munisipaliteite ontvang ’n derde stembrief om verteenwoordigers vir die distriksraad te kies.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos