mokoro
s.nw., mokoro’s; mokoro’tjie. Ook makoro, makorra, makorro, mokora en mokorro. (Tswana)
Uitgeholde boomstam wat in sekere Afrikalande, veral in moerasagtige dele, as kano gebruik word: Jy gaan in ’n mokoro ry – ’n uitgeholde boomstam – en die paalstoter gaan jou nat spat (H. Bell in Sarie, 16 Mei 1990, 122). Die mokoro … (gly) paal vir paal tussen die riete deur …, volkome in pas met die byna onmerkbare vloei van die water (Beeld, 28 Jun. 1988, 18).
moko’rovaart s.nw.
