Stormers teen Bristol Bears: Dís Die Papier se speler van die wedstryd

Kaapstad-stadion.
Kaapstad-stadion. Foto: Facebook/Stormers.

Dit was ’n ietwat frustrerende wedstryd vir die Stormers. Natuurlik het hulle uiteindelik hul eerste Europese Kampioenebeker-wedstryd teen Bristol Bears gemaklik met 49-12 gewen, maar hulle het nooit werklik momentum gekry of behou nie.

’n Rooi- en geel kaart teen die Kapenaars het beslis nie gehelp nie, maar dit is dikwels die klein oomblikke waar hulle self hul grootste vyande was.

Wanneer dinge wel gewerk het, het dit góéd gewerk. Daarvan getuig die eindtelling.

Hoewel Seabelo Senatla die amptelike speler van die wedstryd was, kry Cobus Reinach by ons dié eer.

Reinach was vir bykans 60 minute op die veld. In hierdie tyd het hy seker gemaak dat die diens agter die oond vinnig en akkuraat was. Sy skopwerk was ook van baie hoë gehalte. Wanneer die Stormers aangeval het, is dit Reinach wat herhaaldelik probeer het om die momentum te lig.

Dit is werklik jammer dat sy onderskepdrie ongeldig gemaak is deur ’n onwettige duikslag vroeër in die beweging. Hy sou dié drie uit en uit verdien het.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos