Hier is die hoofnuus wat vandag, 17 Oktober, gebeur het. Dié artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.
Plaaslik
Reginald Scholtz (62), voormalige finansiële bestuurder van Botselo Mills-groep, op verskeie aanklagte skuldig bevind in bedrogsaak van R8,7 miljoen wat die maatskappy aan rand van ineenstorting gebring het
Soektog van stapel gestuur na Nzuzo Mthombembeni nadat hy glo 3 kollegas by Boxer-winkel in Eshowe doodgeskiet het ná dissiplinêre verhoor
Borgtog geweier: Suliman Carrim as vlugrisiko beskou ná hy met 5 groot tasse en omstrede retoerkaartjie op ORT in hegtenis geneem is
Motorverkoper, een van 21 wat in Estcourt weens dronkbestuur in hegtenis geneem is, wou daarna glo 500 asemalkoholmeters teen afslagprys aan hulle verkoop
2 oorlaaide busse vanaf Zimbabwe met 178 passasiers naby Polokwane van pad getrek – 65 passasiers, waaronder 28 minderjariges, het nie paspoorte gehad nie
Zackie Achmat (United Behind) het uitspraak van W-Kaapse hooggeregshof verwelkom wat Parlement se etiekkomitee wetlik verplig om ondersoekverslae te oorweeg en amptelike bevindings te maak oor Fikile Mbalula, oud-minister van vervoer, en sy voormalige adjunk, Dikeledi Magadzi, se beweerde rolle in korrupsie by PRASA
Sluipmoordenaar (29) wat verbind word met reeks dodelike skietvoorvalle rondom taxigeweld in Gauteng, tot gesamentlike 300 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy erken het dat hy 7 mense vermoor het, wou glo verdere 17 vermoor
Raad van die Universiteit van Fort Hare het tydens spesiale vergadering eenparig aanstelling van professor Wezile Chitha as universiteit se nuwe visekanselier en rektor goedgekeur
Twee buitelanders, ’n Mosambiekse man en ’n Zimbabwiese vrou, is in Randfontein, Gauteng, in hegtenis geneem vir die onwettige besit van plofstof van sowat R70 000
58-jarige amptenaar van Capricorn TVET-kollege in Polokwane, Limpopo, op aanklagte van korrupsie en afpersing in hegtenis geneem ná hy glo R100 000 van boer geëis het in ruil daarvoor dat hy R750 000 se projekbefondsing vrystel
4 verdagtes (tussen 21 en 25 jaar oud) is in hegtenis geneem ná polisie ’n vermoedelik onwettige dwelmlaboratorium by gesinswoning in Meadowlands, Soweto, ontdek het
6 in Colesberg vasgetrek ná polisie beslag lê op 6 Jetour T2-hibriedvoertuie van sowat R4,75 m, dokumente glo vervals
Internasionaal
Die Withuis se nuwe woordvoerder, Katie Zacharia, het haar pos ná slegs vyf dae verlaat, ná ’n rampspoedige 1ste perskonferensie en vrae wat oor haar kop hang oor of sy gejok het dat sy ’n prokureur is
Christina Koch (328 opeenvolgende dae aan boord van ISS, 1ste ruimtewandeling deur span wat uitsluitlik uit vroue bestaan en tydens Artemis II-sending in April om maan gevlieg het, nou as waarnemende adjunkhoofingenieur by NASA aangestel
Tom Cruise onterf glo dogter Suri: “Ek het besluit dat my rykdom aan weeskinders nagelaat sal word. Suri bestee glo meer as $300 000 per week aan haar kêrel, ondanks my herhaalde waarskuwings. Ek het probeer om haar die waarde van geld te laat verstaan, maar niks het verander nie. Ek weier om ’n fortuin na te laat wat verkwis kan word, eerder as om gebruik te word om ’n verskil te maak.”
Walliese Rugby het glo byna £10 miljoen ontvang uit ooreenkoms waarby VRK betrokke is, te midde van omstrede planne om Wallis se 4 professionele mansspanne vanaf 2028/’29-seisoen tot 3 te verminder
Bangladesj sukkel om wêreld se ergste maseluitbreking onder beheer te bring, krisis word vererger deur gebrekkige data, onvoldoende uitreikwerk en leemtes in inentingsdekking
Vatikaanse media het 1ste foto’s van pous Leo XIV sedert sy hospitalisasie bekend gemaak waartydens hy die mis by die Gemelli-hospitaal in Rome lei terwyl hy herstel ná ’n operasie vir longkanker
Is hulle of is hulle nie? Plasings op hul sosiale mediaplatforms skep die indruk dat Billy Ray Cyrus en Elizabeth Hurley die volgende stap geneem het met knoets van verloofring!
Vrou wat beweer dat Russell Brand (51) haar onsedelik aangerand het, het tydens verhoor getuig dat sy daarna “verbysterd en verward” gevoel het, hy staan tereg op sewe aanklagte: 3 van verkragting, 3 van seksuele aanranding en 1 van onsedelike aanranding
Bytmerke en bloed . . . Amerikaanse aktrise Selma Blair sê sy het nie bedoel om enigiemand tydens vlug seer te maak nie, sê daar’s veel meer agter die storie
Reeksmoordenaar Rose West se gesondheid het so versleg dat sy nie sonder hulp kan beweeg nie, ‘al wat sy eintlik kan doen, is om TV te kyk en te lees terwyl sy in haar sel sit en wegkwyn’
Sterrekundiges wat witdwergsterre ontleed, het volgens nuwe studie vir 1ste keer ’n ster ontdek wat vir die menslike oog groen sou lyk
#BledisloeBeker Jordie Barrett weens stywe kuitspier buite rekening, Jim Williams het vir 1ste keer in All Blacks se beginspan uitgedraf, Chay Fihaki mag moontlik sy debuut as plaasvervanger kan maak
