‘Airbnb-taks’ moethuurkoste demp

Foto: Adobe Stock

Uitermate duur verblyfkoste in die Kaapse metro en die internasionale tendens van stadsowerhede om Airbnb in te perk, word op die spits gedryf met die Moederstad se nuwe korttermynverhuringsverorde­ning. Die openbare deelnameproses daaroor het Maandag 5 Oktober gesluit.


Die voorgestelde verordening verbied nie korttermynverhu­ring (wat Airbnb insluit) nie. Dit wil wel bepaal watter eiendomme hoofsaaklik kommersieel vir korttermynverblyf gebruik word, dit registreer en die stad in staat stel om dié eiendomme dienooreenkomstig te belas.


Eiendomme wat vir korttermynverhuring beskikbaar gestel word, sal volgens die voorstel by die stad moet registreer en ’n registrasienommer op hul aanlyn lys moet vertoon. Platforms sal ook inligting oor aanbiedings en hul beskikbaarheid of besetting aan die stad moet verskaf.


Die belangrikste onderskeid is die voorgestelde 50%-drempel. ’n Eiendom wat vir 50% of minder van sy jaarlikse kamer-nag-kapasiteit vir korttermynverhuring beskikbaar is, kan steeds as residensieel be­skou word. Indien dit vir meer as 50% beskikbaar is, kan dit as kommersiële verblyf geklassifiseer en teen die toepaslike kommersiële eiendomsbelasting aangeslaan word. Die nuwe klassifikasies sal van 1 Julie 2027 in werking tree.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos