Wat gaan aan met Taylor Swift? Is sy tevrede daarmee om toenemend flouer (maar suksesvolle) musiek uit te reik? Dit is wat dié 36-jarige superster se aanhangers, oftewel Swifties, nou vra nadat Swift onlangs vier nuwe liedjies bekendgestel het.
Die liedjies – “Patient Zero”, “Cleveland!”, “Pink Clouding” en “Babylon” – is deel van Encore, die toevoeging tot haar 2025-album, The Life of a Showgirl (TLOAS). In ’n loopbaan van 20 jaar, waarin sy 12 albums en vier heropname-albums uitgereik het, is TLOAS moontlik die album wat aanhangers die meeste verdeel, berig Rolling Stone.
Vir aanhangers wat gewoond was aan die liriese diepte van albums soos folklore of The Tortured Poets Department, het liedjies op TLOAS onder meer oor haar man, Travis Kelce, se lyf, hulle teleurgestel.
- Lees die volledige artikel in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
