Om te Nortjé met rooibal, of nié

Anrich Nortjé.
Anrich Nortjé. Foto: Phill Magakoe, AFP.

Anrich Nortjé kan moontlik volgende Vrydag in Durban ná ’n afwesigheid van drie en ’n half jaar weer in die Proteas se toetsspan met die rooibal toevertrou word.

Die deur is wawyd oop vir die terugkeer van dié 32-jarige Protea-snelbouler, wat deel is van Shukri Conrad, die afrigter van die Proteas, se groep van 18 vir die toetsreeks teen Australië. Die Protea-boulaanval is onder ernstige druk met Lungi Ngidi, Ottneil Baartman en Kwena Maphaka, wat weens beserings nie vir dié toetsreeks oorweeg word nie.

Nortjé, wat sy laaste toets in Maart 2023 teen die Wes-Indiese Eilande in Centurion gespeel het, is weer op die Protea-afrigter se radar.

“Anrich is uiters professioneel en hou boek van al sy werk. Ek is baie gemaklik dat hy alles gedoen het wat nodig is om weer vir ons te speel. Ons moet net kyk na die intensiteit waarteen hy alles aangepak het.”


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos