Volgens Matthys Lourens, ’n professionele jagter, bestaan die buitelandse mark vir Suid-Afrikaanse trofeejag hoofsaaklik uit Amerikaners. By sy jagonderneming is sowat 95% van die kliënte Amerikaners, wat óf ’n jagpakket koop óf volgens ’n pryslys vir spesifieke diere betaal.
’n Tipiese jag duur sewe tot 12 dae, waartydens ’n jagter gemiddeld 10 tot 12 diere kan skiet. Grootwildjagters wat op spesies soos olifante, luiperds of leeus fokus, jag dikwels net een dier.
Die jagonderneming hanteer die jagter se verblyf, vervoer en die verwerking van die trofee. Suidelike koedoes is volgens hom die gewildste gewone wild onder buitelandse jagters, terwyl buffels gewild is onder grootwildjagters.
Lourens sê buitelandse jagters betaal dikwels meer as plaaslike jagters, wat volgens hom ’n finansiële aansporing vir grondeienaars skep om wild te behou en te teel. Hy verwys na die bontebok as voorbeeld, waar internasionale aanvraag tot groter teling van die spesie deur boere bygedra het.
- Lees die volledige artikel in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
