‘Op die rand van ineenstorting’
Cor Boer, ’n VF Plus-raadslid in Johannesburg, wys op die volgende feite:
- “ ’n Deel van die verlies, ongeveer 15%, is tegniese verliese. Dit is krag wat verlore gaan in transmissielyne, transformators en soortgelyke toerusting. Die verliese is hoër as die norm weens verouderde infrastruktuur.”
- “Die ander 15% is verliese weens onwettige aansluitings, die omseiling van kragmeters, veral voorafbetaalde meters, en die elektrisiteitsmafia.”
- “Meterlesings van kragmeters is skaars 70%. Dit beteken dat 30% van die inwoners wat gefaktureer word, op grond van geskatte verbruik gefaktureer word.”
- “Gebrek aan kundigheid en korrupsie het daartoe gelei dat feitlik alle infrastruktuur by staatsentiteite regoor die land verval het. Johannesburg Water, die Johannesburg Property Company en die Johannesburg Roads Agency het presies dieselfde probleme.”
- “Die netwerk is werklik op die rand van ineenstorting. As daar nie nou daadwerklik opgetree word nie, gaan dit te laat wees.”
- “Die meeste geld gaan, volgens my waarneming, verlore weens korrupte kontrakteurs wat onwettige eise by City Power indien, kabeldiefstal wat City Power enorme bedrae kos, en die vandalisering van infrastruktuur.”
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
