“Spesifieke persone van belang” is reeds geïdentifiseer in die Kempton Park/Ekurhuleni-moorde, het lt.genl. Hilda Khosi Senthumule, die koördineerder van die nuwe multidissiplinêre taakspan, wat dié moorde op vroue ondersoek, onlangs bekendgemaak.
Sy het aan die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie terugvoering gegee oor die nuwe fase wat die ondersoek nou met die taakspan betree het. Lt.genl. Tommy Mthombeni, Gauteng se polisiekommissaris, het aan die komitee gesê daar is steeds geen bewys van ’n reeksmoordenaar nie, maar dat dié moontlikheid ook nie uitgesluit word nie.
Volgens Senthumule maak die polisie tans staat op forensiese bewyse om wetenskaplik te ondersoek of direkte skakels tussen hierdie individue en die verskeie lyke wat reg oor die Oos-Rand gevind is, bestaan. Die ondersoek strek ook verder as Ekurhuleni.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
