Hier is die hoofnuus wat vandag, 25 September, gebeur het. Dié artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.
Plaaslik
Die Madlanga-kommissie het taxibaas Oupa “Bafana” Sindane se aansoek om sy getuienis uit te stel, van die hand gewys – dit sal nou op Maandag 28 September 2026 aangehoor word
Limpopo se premier, Phophi Ramathuba, het regeringsamptenare gekritiseer omdat hulle buitelandse burgers toelaat om die land binne te kom om na bewering swakhede van die staat uit te buit
Leerkrag (62) van Welkom in hospitaal ná sy verskeie kere met skerp voorwerp in haar huis aangeval is, aanvaller vermoedelik gr. 11-leerder wat in haar huis weggekruip het
ANC se nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, vol vertroue dat Konstitusionele Hof in party se guns sal beslis oor die nie-indiening van kandidaatlyste wat 181 voornemende ANC-raadslede raak
Die Arbeidshof en Arbeidsappèlhof in Johannesburg het Vrydag vroegtydig gesluit weens ’n watertekort wat die gebou raak
Hofbevel bepaal Pumlani Kubukeli en dr. Khanyisile Litchfield-Tshabalala moet heraanstel word nadat MKP-leier Zuma dié twee in Augustus uit die party geskop het
Duitse motorfietsryer het met aanvang van die Dak van Afrika-kompetisie in Roma (Lesotho) gesterf tydens botsing met ’n taxi waarna hy deur 2de voertuig getref is, luidens berigte was hy glo nie ’n deelnemer aan die kompetisie nie
Aansoek by Madlanga-kommissie ingedien om te versoek dat getuienis rakende o.a. sekere gen.-maj. Feroz Khan se WhatsApp-kommunikasies in camera aangehoor word, Khan weer Maandag voor Kommissie
Owerhede ondersoek bewerings dat 2 laerskoolkinders in Verulam gebruik is om dwelms te versprei, te midde van bewerings van manipulasie en seksuele uitbuiting
Na vinnige verskyning in hof Vrydagoggend is Vusimuzi “Cat” Matlala se tenderbedrogsaak in verband met sy Medicare 24-kontrak ter waarde van meer as R200 miljoen met SAPD in Tshwane tot Dinsdag uitgestel
Met 2 persoonlike beste tye op een dag in 50 m-rugslag het Tatjana Smith het haar plek by Wêreldkampioenskap in kortbaan-swem van 1 tot 6 Desember in Beijing, China, verseker
Verdagte wat gesoek is in verband met moord op 2 lede van Misdaadintelligensie wat in Mount Edgecombe in lokval gelei is, in Inanda doodgeskiet
Mexikaanse “toeriste” kom glo na SA om Groot 5 te sien, polisie glo hulle is chemici wat deur #SinaloaMisdaadkartel gestuur is om metamfetamienlaboratorium op industriële skaal op wildsplaas te begin
Polisie in Nkangala-distrik het tydens ’n deursoekings- en beslagleggingsoperasie in Middelburg op vervalste en onwettige goedere ter waarde van meer as R1,5 miljoen beslag gelê
Oorsee
Ná 3 dae by stembus rekordgetal van meer as driekwart van die setels in die laerhuis vir Poetin se United Russia-party in Rusland se oorlogstyd-verkiesing
George Russell (Mercedes) het Vrydag uitstekende vertoning gelewer vir die voorste wegspringplek in Azerbaijan GP, ongeluk het spanmaat en wêreldkampioenskapleier, Kimi Antonelli, na 16de wegspringplek gedwing
Oekraïne het 2 N-Koreaanse gevange soldate aan S-Korea oorhandig – die eerstes wat lewendig gevange geneem is sedert Pjongjang in 2024 by oorlog betrokke geraak het, Seoel sê oorhandiging moes privaat gehou word
Drie sterf in Kiëf tydens Russiese aanval gedurende die dag
Mej. Jamaica, Gabrielle Henry, het Mej. Heelal-organisasie gedagvaar ná traumatiese val van die verhoog in Nov. 2025 haar met ’n ‘ernstige breinbesering’ laat
Australian Stake-databreuk stel name, e-posadresse, telefoonnommers, posadresse, belastingstatus en belastingland bloot ná voorval by DriveWealth wat sy Amerikaanse handels- en beursiedienste ondersteun
Max Verstappen (Red Bull) het Vrydag vinnigste tyd in 3de en laaste oefensessie voor #AzerbaijanGP aangeteken, George Russell (Mercedes) was 2de – GP word Saterdag gejaag omdat 27 Sept. nasionale dag van herdenking in Azerbaijan is
Italië, voorloperland wat migrasie betref, verbied boerka’s & niqabs in skole en beperk aantal buitelandse leerders per klas
Verskeie kommersiële vlugte het Vrydagoggend ernstige inmenging met GPS in lugruim naby Los Angeles ervaar, minstens 2 transkontinentale passasiersvliegtuie is hierdeur geraak
2,86 miljoen voertuie wêreldwyd word herroep weens moontlike stuurprobleem, betrokke modelle is: VW se Tiguan-, Touran-, Golf- en Caddy-voertuie wat tussen 2013-2024 vervaardig is, en sowat 700 000 Audi-modelle wat tussen 2017-2024 vervaardig is
Minstens 41 mense is dood en 49 ander is gered nadat ’n boot op die Tanganjikameer in die Kongo omgeslaan het
James Copenhaver (76) van Moon Township, toeskouer wat ernstig gewond is tydens sluipmoordpoging op Trump op 13 Julie 2024 in Pennsilvanië, het Woensdagaand gesterf
Die VAE het alle vlugte wat deur Iranse lugrederye bedryf word, opgeskort – sluit daarmee aan by groeiende aantal lande wat omvattende Amerikaanse sanksies afdwing wat daarop gemik is om Iran se lugvaartsektor te isoleer en sy internasionale lugverbindings te beperk
Liggaam Vrydagoggend in vullisdrom buite woonstelkompleks in Brisbane, Australië, gevind – alhoewel nog nie amptelik bevestig nie, is oorskot vermoedelik dié van ’n vrou
Gebou het ineengestort en minstens 2 mense is beseer wat uit aangrensende gebou gered moes word ná kragtige ontploffing Vrydagoggend in Griekse hoofstad se toeristedistrik Plaka (naby antieke Akropolis)
Indië se sogenaamde “kakkerlak”-jeugbeweging sal op 2 Oktober landwye betogings van stapel stuur indien die land se hoofverkiesingsbeampte, Gyanesh Kumar, nie teen Saterdag bedank nie
Voormalige senator Kyrsten Sinema van Arizona se eertydse lyfwag en minnaar in arres ná hy by haar huis ingebreek en kunswerke van $200 000 in swembad gegooi het
Meer as 100 mense beweer hulle het traumatiese breinbeserings opgedoen nadat hulle by Six Flags Magic Mountain in Kalifornië op die X2-tuimeltrein gery het
Vir die eerste keer in 34 jaar kon inwoners van verafgeleë Skotse eiland North Ronaldsay ’n nuwe baba verwelkom! Duncan Wilder Thorstein Traill Suarez Ford is sy naam . . .
