Maklike aarbeikonfyt
(Maak sowat 430 ml konfyt)
Bestanddele:
- 450 g aarbeie, grof gekap
- 150 g witsuiker
- 2 e suurlemoensap
Metode:
- Plaas die aarbeie, suiker en suurlemoensap in ’n mediumgrootte kastrol.
- Roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos het.
- Verhoog die hitte na mediumhoog en laat die mengsel opkook.
- Roer gereeld en laat dit kook tot die konfyt verdik het (as jy ’n suikertermometer het, moet dit so om en by 103 °C bereik). Dit neem sowat 15-20 minute.
- Skep die warm konfyt in ’n gesteriliseerde glasfles en laat afkoel tot kamertemperatuur. Bêre in die yskas en gebruik binne 10 dae.
Resep aangepas van https://www.scatteredthoughtsofacraftymom.com/.
Aarbeikoek
Bestanddele
- 225 g sagte botter
- 225 g strooisuiker
- 4 medium eiers
- 225 g bruismeel
- 2 t bakpoeier
Vulsel:
- 6 e tuisgemaakte aarbeikonfyt
- 250 ml room
- 1,5 e versiersuiker
- 1 t vanieljegeursel
Versiersuiker:
- Vars aarbeie, om te versier
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C . Smeer en voer twee 20 cm ronde losbodem-koekpanne uit.
- Plaas die botter en strooisuiker in ’n groot mengbak en klits dit met ’n elektriese handmenger saam totdat die mengsel lig en donsig is.
- Voeg die eiers een vir een by die mengsel en klits goed ná elke byvoeging.
- Plaas ’n sif oor die mengbak en sif die bruismeel en bakpoeier by.
- Gebruik ’n groot metaallepel om die bestanddele versigtig saam te vou. Wees versigtig om dit nie te veel te meng nie.
- Verdeel die beslag eweredig tussen die twee koekpanne – ongeveer 430 g beslag per pan. Maak die bokant glad met die agterkant van ’n lepel en tik die panne liggies teen die werkoppervlak om enige lugborrels te laat ontsnap.
- Bak vir 25 minute. Wanneer die koeke gaar is, sal hulle effens van die kante van die panne wegtrek en terugspring wanneer jy liggies daarop druk.
- Haal die koeke uit die oond en laat hulle in die panne afkoel voordat jy hulle uitkeer.
- Wanneer die koeke heeltemal afgekoel het, plaas een koeklaag op ’n koekbord of koekstaander en smeer die aarbeikonfyt daaroor.
- Plaas die room, versiersuiker en vanieljegeursel in ’n mengbak. Klits totdat sagte punte vorm. Smeer die helfte van die geklitste room bo-op die konfyt en plaas dan die tweede koeklaag bo-op.
- Versier met die res van die room en vars aarbeie
Aangepas van amytreasure.com.
