Dit is die polisiediens se verantwoordelikheid om meer moeite te doen om te verseker aansoeke kom uit die verskillende groepe wat onderverteenwoordig is, sê Heindrich Wyngaard, die uitvoerende voorsitter van die burgerregte-organisasie Kaapse Forum.
Die polisie is onlangs deur politieke partye soos die PA en NCC gelooi omdat slegs 11 743 bruin kandidate uit altesaam 1 049 998 aansoeke tydens hul jongste werwingsproses geprioritiseer is.
Ander aansoeke wat geprioritiseer is, is 1 079 wit kandidate, 3 047 Indiërs en die meeste was swart kandidate. Die geprioritiseerde kandidate het voordeel getrek omdat hulle ’n rybewys het, het die polisie later bekendgemaak.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
