Die WAT se woord van die week

Gras.
Foto ter illustrasie: Unsplash.

unduleer

(un-du-leer) ww., het geünduleer; byv. en byw. undulerende, undulerend, geünduleerde, geünduleerd(d). (ongewoon)
(<Lat. undula, “golfie”)

Golfsgewys of golwend beweeg, vertoon, of dergelike: Unduleer en buig soos gras in die wind. ≈ Hande wie se bewegings ek aanbied ek het julle lief / Neus merkwaardig aristokraties ek het jou lief / Tred undulerend en dansend ek het jou lief / O klein Loe ek het jou lief ek het jou lief ek het jou lief (W. Gouws, vert., in Versindaba, 7 Mrt. 2022, E).


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos