Nog meer kykers kan voortaan deel wees van die VIA-familie. Vanaf 17 September 2026 is VIA in Suid-Afrika op DStv se nuwe Starter-pakket beskikbaar, met toegang tot die kanaal se Afrikaanse leefstyl- en vermaakprogramme vanaf R99 per maand op DStv Stream.
Starter vervang die bestaande Access-pakket en bied meer as 85 kanale. Met die toevoeging van VIA kry kykers op dié intreevlakpakket toegang tot nóg plaaslike stories en vermaak in hul eie taal.
“Ons is baie opgewonde om nóg meer kykers by die VIA-familie te verwelkom. Met VIA op Starter kan meer mense die stories, bekende gesigte en programme waarvoor hulle lief is, in hul eie taal geniet,” sê Azelia Morkel, kanaalhoof van VIA.

VIA is die tuiste van gewilde programme soos Huisgenoot: Ware lewensdramas, Kom ons braai, Dorpie-doenlys met Bobby van Jaarsveld, Herman se halfuur met Herman Lensing, Gesels met Leandie du Randt en Landbouweekliks.

Van openhartige gesprekke en kosinspirasie tot aangrypende lewensverhale en die jongste landbounuus, VIA bring ’n verskeidenheid plaaslike stories na kykers se sitkamers.
VIA is ook op Select, Sports, Movies & Series en Premium beskikbaar. Kykers kan dus ’n pakket kies wat by hul begroting en kykvoorkeure pas, en steeds hul gunstelingprogramme op VIA geniet.
Wat die pakkette kos
Hier is die maandelikse pryse vir die pakkette waarop VIA beskikbaar is:
- Starter: R99 vir slegs stroming op DStv Stream, of R150 vir die dekodeerder-en-stromingspakket.
- Select: R299 vir slegs stroming op DStv Stream, of R339 vir die dekodeerder-en-stromingspakket.
- Sports: R399 vir slegs stroming op DStv Stream, of R479 vir die dekodeerder-en-stromingspakket.
- Movies & Series: R500 vir slegs stroming op DStv Stream, of R500 vir die dekodeerder-en-stromingspakket.
- Premium: R799 vir slegs stroming op DStv Stream, of R979 vir die dekodeerder-en-stromingspakket.
Starter vervang Access, Select vervang Family en Sports vervang Compact. Movies & Series is ’n nuwe pakket, terwyl Premium sy naam behou.
Vir VIA-kykers beteken dit meer keuse: van stroming op DStv Stream tot kyk met ’n dekodeerder, met toegang tot VIA wat reeds by Starter begin.
- Pryse is per maand en geldig vir Suid-Afrika. Internet- en datakoste vir stroming is uitgesluit. Die Premium-dekodeerderprys hierbo is die gewone maandelikse tarief; kontrakaanbiedings kan verskil.
