Grandi Theunissen (66) se skuif na die DA in Tshwane is nie ’n skielike besluit nie.
“Dit was ’n proses en dit kom nou al oor ’n tyd van twee, drie jaar wat die situasie binne die VF Plus vir my ál moeiliker geraak het.”
Theunissen, wat twee weke gelede as koukusleier van die VF Plus se grootste plaaslike koukus verwyder is, het verlede week aangekondig dat hy hom by die DA aansluit. Hy was voor dié skuif nog die VF Plus se streeksleier en tweede op die party se proporsionele lys vir die munisipale verkiesing in November.
Hy sê hy het besluit om te loop weens toenemende frustrasie oor interne partyprosesse – veral sedert 2023. Die verwydering as koukusleier was net die laaste druppel aan die emmer.
“Ek is tot ’n groot mate sedert 2023 geïsoleer.”
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
