Groot koue eers verby

Wolke pak saam oor die Swartberge, wat reeds wit lê van die sneeu. Foto: Hans van Vreden.
Wolke pak saam oor die Swartberge, wat reeds wit lê van die sneeu. Foto: Hans van Vreden.

Inwoners oor Suid-Afrika heen het sedert Sondag behoorlik gebibber weens bitter koue toestande, met swaar reën, oorstromings en sneeu wat oor talle gebiede voorgekom het.

Die goeie nuus is dat dié kwaai koue aan die opklaar is en dalk net die weg gebaan het vir reën in die Wes-Kaap. Talle hoogliggende dele in die Oos-Kaap, Lesotho, die Vrystaat en KwaZulu-Natal was bedek met sneeu, wat plek-plek tot groot ontwrigting gelei het.

“Dit was gewis ’n uitsonderlike winterstelsel – veral omdat soveel verskillende soorte winterweer terselfdertyd oor ’n groot deel van die land voorgekom het,” sê Annette Botha, ’n meteoroloog van Vox Weather.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos