Pule verklaar stééds nie al haar belange, maar sê dis ’n ‘oorsigfout’

Dina Pule.
Dina Pule. Foto: Gallo Images.

Dina Pule, die nuwe minister van maat­skap­like ontwikkeling wat voorheen aan on­etiese gedrag skuldig bevind is, het 10 jaar later steeds nie al haar belange aan die parle­ment verklaar nie.

Die Papier kan onthul die parlement se jongste beskikbare belange­register (Junie 2025 tot Junie 2026) toon geen teken van Pule se sakebelange in Xiximani va Manana, ’n vooraanstaande koöpera­tiewe onderneming, nie.

Sandi Mbatsha, woordvoerder vir Pule, het Die Papier Donderdag ná saktyd in kennis gestel dat die direkteurskap ’n oorsigfout was, sy eers daarvan bewus geword het met Die Papier se navraag, en dat die minister se kantoor Donderdag met die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom geskakel het om haar as direkteur te verwyder.

“Die onderneming doen geen sake waarvan die minister bewus is nie en ons is in kennis gestel dat haar bedanking as direkteur Vrydag sal wys.”


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos