Intercape-hoof sê hy sal aanhou veg

'n Intercape-busbestuurder en -passasier koes vir koeëls tydens een van die aanvalle op langafstandbusse.
’n Intercape-busbestuurder en -passasier koes vir koeëls tydens een van die aanvalle op langafstandbusse. Foto: Skermgreep

Johann Ferreira, die hoof van Intercape, het sy 1 400 werknemers belowe: Vir ­solank hulle opdaag vir werk, sal hy opdaag en aanhou veg teen die­ ­“taximafia”, wat langafstandbusse terroriseer.

“(Die busbestuurders) plaas hul lewe op die spel,” sê hy. “Uiteraard is ook my lewe in gevaar; my familie se lewe is in gevaar . . .”

Die geveg duur nou al jare en terwyl Ferreira vandeesweek per Zoom met Die Papier gesels, het ’n beweerde misdaadsindikaat Maandag weens hierdie aanvalle op busse in ’n Wes-Kaapse hof verskyn.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos