Haai, nou’s dit te warm

’n Witdoodhaai.
’n Witdoodhaai. Foto: Terry Gross

Seetemperature wat wêreldwyd styg, hou ’n bedrei­ging vir haaie en tuna in. Hulle is besig om letterlik te warm te raak vir hul eie lyf en kan oorverhit, wys navorsing deur die Universiteit van Pretoria (UP) en Trinity College Dublin (TCD).

Die bevindings van die studie wat in April in die internasionale joernaal Science gepubliseer is, toon warmer temperature beïn­vloed hoe diep haaie moet swem om koel te bly en hoeveel meer tuna moet eet omdat hul metabolisme versnel.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos