Dié reusebrulpadda se habitat word ‘ondermyn’

So lyk die reusebrulpadda wat nou sy habitat in Mpumalanga gaan verloor as die Elandspruit-pan vir steenkool gemyn gaan word.

Die enigste bekende broeiplek van die reusebrulpadda (Pyxicephalus adspersus) is glo in gevaar nadat die Mpumalanga Toerisme- en Park-agentskap (MTPA) ingestem het dat ’n mynhuis steenkool uit die Elandspruit-pan in Mpumalanga-Hoëveld kan haal, presies waar dié paddas broei.

André Hoffman, ’n rivierekoloog en akwatiese spesialis, sê die broeigebied van die reusebrulpadda en die voortbestaan van hierdie amfibieë in Mpumalanga word nou ernstig bedreig. Die reusebrulpadda word volgens die rooi datalys as ’n bedreigde spesie beskou.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos