Veelsydige, veelbekroonde Albert Pretorius: ‘Roem is vlietend’

Albert Pretorius as Flip Bosman in Die Kantoor.
Albert Pretorius as Flip Bosman in Die Kantoor. Foto: Verskaf.

Albert Pretorius het ’n ver pad gekom sedert hy kleintyd vir ’n paar sent vir die tannies by die koöperasie in Volksrust gesing het. Deesdae speel hy voor volgepakte sale en kan hy met elf van die toneelbedryf se mees gesogte toekennings spog.

Nie dat die toekennings óf die baie bewonderaars wat hom deesdae vir ’n selfie voorkeer, na sy kop toe gegaan het nie.

“Ek het nog nooit roem nagejaag nie. Eintlik vlieg ek graag onder die radar,” vertel hy uit Oudtshoorn, so tussen repetisies deur vir die veelbekroonde rock-teaterproduksie Ek is nie Danie.

Vir sy rol hierin is Albert twee weke gelede met ’n kykNET-Fiësta-prys as beste akteur bekroon. Hy het ook ’n Woordfeestoekenning vir beste akteur vir dieselfde rol losgeslaan.

“Bekendheid is so ongelooflik tydelik en verganklik,” sê hy.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos